e'Bosch-boomplantdag 24 September 2016
Die gemeenskappe van Stellenbosch het hul verbintenis tot die vestiging van 'n gemeenskaplike kultuur vir die dorp die afgelope naweek op erfenisdag bevestig deur die aanplant van 15 vriendskapsbome in die tuin van die Rynse pastorie in Markstraat net onderkant Die Braak.
Die boomplant-seremonie is bygewoon deur verteenwoordigers van die Stellebosch se universiteit en munisipaliteit, die Muslim-gemeenskap, die tien dorpies Cloetesville, Idasvallei, Jamestown, Kayamandi, Klapmuts, Kylemore, Pniël, Raithby, Vlottenburg, Stellenbosch-sentraal en die plaasgemeenskappe.
Die seremonie is een van die Stellenbosch se e'Bosch-erfenisprojek se groot aantal projekte oor erfenismaand, September. Die doelwit van die e'Bosch-beweging wat ook die tien dorpies van Stellenbosch verteenwoordig, is om die mense van Stellenbosch saam te snoer en 'n gemeenskap tot stand te bring wat mekaar ken, waardeer en respekteer en om lewensruimte te skep vir almal om in te floreer.
Die Stellenbosch Universiteit se boom is namens hul vise-kanselier Prof Wim de Villiers geplant wat daarop gewys het dat die aanplant van 'n boom een van die beste maniere is om mense bymekaar te kry en die kultuur van versorging en toewyding te help vestig. Hy het onderneem om gereeld die universiteit se boom te besoek en met dit te 'praat'. Raadslid Johannie Serdyn het namens die munisipaliteit beklemtoon dat bome deel is van ons natuurerfenis wat ons moet help bewaar as 'n geskenk aan ons nageslag.
Die ander gemeenskappe is onderskeidelik verteenwoordig deur Mervin William (Kylemore); George Williams (Pniël); Dennis Cupido (Plaasgemeenskappe); Wille Meyer (Cloetesville); Natashia Mcombrink (Idasvallei); Elizabeth Daniels (Jamestown); Tatum Gordon (Raithby0; Carol Lakay (Klapmuts); en Esme Makhalima (Kayamandi).
Mnr Jan Odendaal van die Groen vir Lewe-beweging was die e'Bosch-projekleier vir die boomplantseremonie. Die vytien bome wat gebruik is, is 'n mengsel van twee inheemse boomsoorte die Alexmite en Wit Stinkhout.
Navrae: Jan Odendaal; 083 701 9791