e'Bosch Heritage Project • Erfenisprojek
  • Home
  • About
  • Contact
  • June Workshops
  • July Workshops
  • Cape Biosphere Reserve
  • Crafts Alive
  • Distell Workshop
  • Endler Concert Series
  • Festival of Talent 21
    • Festival of Talents
  • Heritage Awards
  • Interfaith Dialogue
  • Land Art
  • Leadership Course
  • Monument of Intent
  • Moore Night Run
  • PniĆ«l Pentanque
  • Annual Lecture
  • Schools Choir Festival
  • SICMF Community Concert
  • St'bosch Celebrates 100 Ids
  • St'bosch Museum Tours
  • VriendsCUP Games
  • Wed Art Walkabouts
  • Wildlands
  • Program
    • e'Bosch Programme 2024
    • e'Bosch Programme 2023 >
      • e'Bosch Program 2022
    • Program 2021
    • Program Festival of Talents
  • Dorpies
    • Cloetesville
    • Devon Valley
    • Farming Communities
    • Ida's Valley
    • Jamestown
    • Kayamandi
    • Klapmuts
    • Kylemore
    • Lanquedoc
    • Pniël
    • Raithby
    • St'Bosch Central
    • Vlottenburg
    • Wemmershoek
  • Publicity 2020
  • Publicity 2019
  • Publicity 2018
  • Publicity 2017
  • Publicity 2016
  • Publicity 2015
  • Publicity 2014
  • Publicity 2013
  • Publicity 2012
  • Publicity 2011
  • Press Releases
    • Press Releases 2024
    • Press Releases 2023
    • Press Releases 2022
    • Press Releases 2021
    • Press Releases 2019
    • Press Releases 2018
    • Press Releases 2017
    • Press Releases 2016
    • Press Releases 2015
  • Photo Galleries
    • Gallery 2024
    • Gallery 2023
    • Gallery 2022
    • Gallery 2021
    • Gallery 2020
    • Gallery 2019
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017
    • Gallery 2016
    • Videos 2016
    • Gallery 2015
    • Gallery Archives >
      • Gallery 2013
      • Mass Choir Kruiskerk 24 Sept
      • Eerste K1 2012
      • Mayor's Function 25 July 2012
      • Poster Competition
      • Eerste River Race 2011
      • Tube Race 2011
  • Workshops
    • Hydroponics
  • Sponsors
  • Archive
    • Heritage Festival 2016 >
      • Stokbroodbraai
      • Ou Landbousaal Expo
      • Heritage Day Live Music
      • Spier Eerste Challenge
      • Tube Races
      • Plaastrap
      • Boomplantdag
      • Projects 2016 Archived >
        • Park Run
        • Sociology 365/Seniors' Walk
        • Heritage Food | Erfeniskos
        • Stellenbosch Scouts
        • Theatre Tour
        • Symposium
      • Stalls
      • Corporate Braai
      • Potjiekoskompetisie
      • Khayamandi Soccer
      • Stage Program 2016
  • Membership/Donations
  • Business Network
  • Prize Catalogue 2
  • Category
  • School Holiday Program
  • Program 21
  • Home
  • About
  • Contact
  • June Workshops
  • July Workshops
  • Cape Biosphere Reserve
  • Crafts Alive
  • Distell Workshop
  • Endler Concert Series
  • Festival of Talent 21
    • Festival of Talents
  • Heritage Awards
  • Interfaith Dialogue
  • Land Art
  • Leadership Course
  • Monument of Intent
  • Moore Night Run
  • PniĆ«l Pentanque
  • Annual Lecture
  • Schools Choir Festival
  • SICMF Community Concert
  • St'bosch Celebrates 100 Ids
  • St'bosch Museum Tours
  • VriendsCUP Games
  • Wed Art Walkabouts
  • Wildlands
  • Program
    • e'Bosch Programme 2024
    • e'Bosch Programme 2023 >
      • e'Bosch Program 2022
    • Program 2021
    • Program Festival of Talents
  • Dorpies
    • Cloetesville
    • Devon Valley
    • Farming Communities
    • Ida's Valley
    • Jamestown
    • Kayamandi
    • Klapmuts
    • Kylemore
    • Lanquedoc
    • Pniël
    • Raithby
    • St'Bosch Central
    • Vlottenburg
    • Wemmershoek
  • Publicity 2020
  • Publicity 2019
  • Publicity 2018
  • Publicity 2017
  • Publicity 2016
  • Publicity 2015
  • Publicity 2014
  • Publicity 2013
  • Publicity 2012
  • Publicity 2011
  • Press Releases
    • Press Releases 2024
    • Press Releases 2023
    • Press Releases 2022
    • Press Releases 2021
    • Press Releases 2019
    • Press Releases 2018
    • Press Releases 2017
    • Press Releases 2016
    • Press Releases 2015
  • Photo Galleries
    • Gallery 2024
    • Gallery 2023
    • Gallery 2022
    • Gallery 2021
    • Gallery 2020
    • Gallery 2019
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017
    • Gallery 2016
    • Videos 2016
    • Gallery 2015
    • Gallery Archives >
      • Gallery 2013
      • Mass Choir Kruiskerk 24 Sept
      • Eerste K1 2012
      • Mayor's Function 25 July 2012
      • Poster Competition
      • Eerste River Race 2011
      • Tube Race 2011
  • Workshops
    • Hydroponics
  • Sponsors
  • Archive
    • Heritage Festival 2016 >
      • Stokbroodbraai
      • Ou Landbousaal Expo
      • Heritage Day Live Music
      • Spier Eerste Challenge
      • Tube Races
      • Plaastrap
      • Boomplantdag
      • Projects 2016 Archived >
        • Park Run
        • Sociology 365/Seniors' Walk
        • Heritage Food | Erfeniskos
        • Stellenbosch Scouts
        • Theatre Tour
        • Symposium
      • Stalls
      • Corporate Braai
      • Potjiekoskompetisie
      • Khayamandi Soccer
      • Stage Program 2016
  • Membership/Donations
  • Business Network
  • Prize Catalogue 2
  • Category
  • School Holiday Program
  • Program 21
Search by typing & pressing enter

YOUR CART

e'Bosch Persverklaring 
​3 Februarie 2024

​
E'Bosch skop af met 2024-program  
 
Vir 2024 word talle aktiwiteite beplan. Een hiervan is die jaarlikse Skoolkoorfees, die gewilde spoggeleentheid waar meer as 25 Stellenbosch-skole byeenkom en oefen en uiteindelik optree in September.  Skole staan tou om deel te neem aan die geleentheid wat deur Remgro ondersteun word.
 

Die jaarlikse e’Bosch-erfenisfees word in September gevier. Tydens Erfenismaand word toekennings gemaak aan erfeniskampioene in samewerking met die burgemeester en rektor, die jaarlikse erfenis-gedenklesing vind plaas en elkeen van die 15 dorpies bied ’n eiesoortige fees aan wat deur almal besoek kan word.
 
Gedurende die Junie/Julie-skoolvakansie is daar geleentheid vir laer- en hoërskoolleerders om deel te neem aan ‘n opwindende skoolvakansieprogram. Dié program loop uiteindelik uit op 'n saamtrek by 'n sportdag en ‘n kultuursaamtrek in die Junie/Julie-skoolvakansie-saamtrek.
 
Die e'Bosch-lidmaatskapstelsel bied vir individue die geleentheid wat dalk nie kan deelneem nie, om met slegs R100 per maand seker te maak dat die erfenis van Stellenbosch nie net gevier en oorgedra word nie, maar dat ons saam 'n nuwe erfenis bou. Daarmee saam is daar elke maand pryse wat gewen kan word met die komplimente van die sakelede van e'Bosch. As jy 'n klein besigheid wil ondersteun, sluit gerus aan en maak die lidmaatskap aan hulle beskikbaar, jy sal iemand se lewe verander.
 

Die Gemeenskapswaardes-groep het die afgelope twee jaar brûe gebou nie net in Stellenbosch nie, maar al die pad tot in Willowvale in die Oos-Kaap.  Die amaXhosa koninklike familie is nou 'n bekende gesig by die jaarlikse skoolkoorfees.  Diegene wat wil deelneem, kan gerus die vergaderings wat elke drie weke by die e'Bosch-kantoor by Dorpstraat 116 op 'n Donderdagaand van 18:30 tot 20:00 gehou word.
 
Gemeenskapleierskapsopleiding is een van die boustene van e'Bosch.  In samewerking met  Universiteit Stellenbosch, word gemeenskapsleiers toegerus met gereedskap om die nood en geleenthede in hulle dorpies vas te vat en die oplossings om hul gemeenskap te laat gedy.  
 

Groot opgewondenheid heers vanjaar met die Olimpiese Spele met die waardes van vriendskap, respek en uitnemendheid, wat resoneer met die e'Bosch-aksies van ken mekaar, waardeer mekaar en respekteer mekaar. Tydens die afrigter-opleiding in Mei en November, sal die waardes vasgevang word in programme wat vir die kinders aangebied word.
 
Entrepreneurskap is 'n kultuur-tradisie wat e'Bosch vier en pro-aktief aanmoedig. Die groot projek vir die jaar is om jou eie groente te kan kweek, al het jy nie grond nie. ‘n Hidroponika-kursus word aangebied en boustelle word beskikbaar gestel.  
 
Die monument van voorneme is ‘n baken waarna ons streef. e’Bosch is in 2011 gestig met die doel om 'n monument daar te stel wat almal herinner aan hoe die Stellenbosch lyk wat ons graag wil hê teen 2040.  Die projekleier, prof Matilda Burden, stem saam dat ons vertroue-weefsel is sover ontwikkel dat e’Bosch hierdie projek met vertroue kan aanpak.  Dorpies wat wil deelneem in 2024, kan die kantoor skakel by 061 595 4085 of kan via epos kontak maak by [email protected].
 
Ten slotte, die weef van sosiale weefsel is 'n spansport.  Bring jou breipenne, hekelpen en garing en kom weef saam aan die toekoms van die Stellenbosch wat ons graag wil hê.

Onderskrif

Die foto is geneem by ‘n spesiale tee vir die dorpie-verteenwoordigers, skoolvakansieprogram- fasiliteerders en direkteure van e'Bosch waar die program-uitkomste van 2024 bespreek is.

e'Bosch Persverklaring 
​13 Januarie 2024


Kom leer groente kweek
​

Opleiding vir die 2024 e’Bosch skoolvakansieprogram het in Januarie afgeskop met opleiding in hidroponika.
Een-en-twintig mense van die dorpies Klapmuts, Kylemore, Elsenburg (Vaaldraai), Cloetesville en Stellenbosch-sentraal en selfs sover as Kuilsrivier het op Saterdag 13 Januarie  bymekaargekom om te leer hoe om ‘n vertikale groentetuin te maak.  Die groentetuin-opleiding gaan deel vorm van vanjaar se vakansieprogramme en hou belofte in vir voedselsekuriteit tydens die skoolvakansies.

Gesonde en voldoende kos (voedelsekuriteit) is een van die boustene van skoolvakansieprogramme. Tydense die skoolvakansieprogram word tradisies oorgedra soos speletjies/rekreasie, avontuur, kunsvlyt, drama, musiek en beweging binne die konteks van die Bybelse en Ubuntu-waardestelsel.  Die programme wat aangebied word, ontwikkel die kinders se karakter en gereedskap om ‘n groter verskeidenheid van uitdagings in ‘n kind se lewe suksesvol aan te pak.  In die geheel is die uitkoms een van hoop en veerkragtigheid.
 
Met hidroponika kan in ‘n kwart vierkant meter soveel as 39 plantjies geplant word.  Vir huishoudings wat nie grond het nie, of nie baie grond het nie, kan ‘n volhoubare groenteproduksie gevestig word.
Die opleiding behels hidroponika-stelsels wat demonstreer hoe om water en voedingstowwe by plante te kry, hoe om die struktuur te bou waarin jou plante geplant kan word en hoe om die produksie-omgewing te bestuur vir voldoende plantvoeding, waterkwaliteit asook hoe om peste te bestuur.
Die hidroponika-opleiding word aangebied in reaksie op die behoefte aan voedselsekuriteit vir kinders tydens die skoolvakansieprogram.  Dit is ook  ‘n geleentheid om tuis ‘n groenteproduksie-eenheid te bou en seker te maak dat gesonde groente beskikbaar is.
​
Die hidroponika-verbouingstegniek is ook geskik vir die kweek van saailinge, blomme en selfs pampoene, botterskorsies en skorsies.
Hidroponika bied voorts die geleentheid om ‘n bedryf te vestig wat saailinge maak,   produksie-groeistelle bou, van potjies en groeimedium verskaf sowel as die oes en aflewering van groente.  Hidroponika bring bymekaar die tradisies van tuinmaak, boerdery en entrepreneurskap.  Mense wat belangstel om deel te neem aan ‘n volgende kursus kan ‘n epos stuur aan [email protected] om op hoogte gehou te word van toekomstige opleiding.

Foto van groep
Die groep wat die kursus bygewoon het by Elsje Pieterse (heel links) wat haar stokperdjie met die deelnemers van die kursus gedeel het.  Vyf dorpies is nou beter toegerus om hul groenteproduksie ‘n hupstoot te gee.