Press Releases 2024
Foto van groep
Die groep wat die kursus bygewoon het by Elsje Pieterse (heel links) wat haar stokperdjie met die deelnemers van die kursus gedeel het. Vyf dorpies is nou beter toegerus om hul groenteproduksie ‘n hupstoot te gee.
Kom leer groente kweek
Opleiding vir die 2024 e’Bosch skoolvakansieprogram het in Januarie afgeskop met opleiding in hidroponika.
Een-en-twintig mense van die dorpies Klapmuts, Kylemore, Elsenburg (Vaaldraai), Cloetesville en Stellenbosch-sentraal en selfs sover as Kuilsrivier het op Saterdag 13 Januarie bymekaargekom om te leer hoe om ‘n vertikale groentetuin te maak. Die groentetuin-opleiding gaan deel vorm van vanjaar se vakansieprogramme en hou belofte in vir voedselsekuriteit tydens die skoolvakansies.
Gesonde en voldoende kos (voedelsekuriteit) is een van die boustene van skoolvakansieprogramme. Tydense die skoolvakansieprogram word tradisies oorgedra soos speletjies/rekreasie, avontuur, kunsvlyt, drama, musiek en beweging binne die konteks van die Bybelse en Ubuntu-waardestelsel. Die programme wat aangebied word, ontwikkel die kinders se karakter en gereedskap om ‘n groter verskeidenheid van uitdagings in ‘n kind se lewe suksesvol aan te pak. In die geheel is die uitkoms een van hoop en veerkragtigheid.
Met hidroponika kan in ‘n kwart vierkant meter soveel as 39 plantjies geplant word. Vir huishoudings wat nie grond het nie, of nie baie grond het nie, kan ‘n volhoubare groenteproduksie gevestig word.
Die opleiding behels hidroponika-stelsels wat demonstreer hoe om water en voedingstowwe by plante te kry, hoe om die struktuur te bou waarin jou plante geplant kan word en hoe om die produksie-omgewing te bestuur vir voldoende plantvoeding, waterkwaliteit asook hoe om peste te bestuur.
Die hidroponika-opleiding word aangebied in reaksie op die behoefte aan voedselsekuriteit vir kinders tydens die skoolvakansieprogram. Dit is ook ‘n geleentheid om tuis ‘n groenteproduksie-eenheid te bou en seker te maak dat gesonde groente beskikbaar is.
Die hidroponika-verbouingstegniek is ook geskik vir die kweek van saailinge, blomme en selfs pampoene, botterskorsies en skorsies.
Hidroponika bied voorts die geleentheid om ‘n bedryf te vestig wat saailinge maak, produksie-groeistelle bou, van potjies en groeimedium verskaf sowel as die oes en aflewering van groente. Hidroponika bring bymekaar die tradisies van tuinmaak, boerdery en entrepreneurskap. Mense wat belangstel om deel te neem aan ‘n volgende kursus kan ‘n epos stuur aan [email protected] om op hoogte gehou te word van toekomstige opleiding.