Stellenbosch Museum Aandwandeling 5 September 2019 Evening Historic Stroll
Stellenbosch Museum Heritage Tour 15 September 2018
E’Bosch-bustoergangers het vanjaar, onder leiding van Pietman Retief en Debbie Daniels van die Stellenbosch Museum, vir Stellenbosch se Dorpsmuseum, die US Museum, US Botaniese Tuin en e’Bosch-dorpies soos Jamestown se geskiedkundige fotoversameling en Cloetesville se Erfenisfees besoek, voordat die bus oor die Helshoogtepas is na Pniël waar Mattie Cyster, een van die ontvangers van vanjaar se kulturele eretoekennings, ‘n toer deur die plaaslike museum aangebied het. Almal het daarna gesellig middagete by Pniël-museum se teetuin geniet.
Historical Walk of Stellenbosch 7 September 2017
The annual free historical walk of Stellenbosch once again take place under the guidance of Pietman Retief on Thursday, 7 September 2017. The walk started at the VOC Kruithuis at the Braak at 19:00 on 7/9/2017.
Enquiries: Debbie Gabriels; 021 887 2937/082 799 7330

Heritage Tour 2016 | Erfenistoer 2016
September is Erfenismaand en die e’Bosch-erfenisfees bied aan almal ‘n geleentheid om jou dorp se erfenis beter te leer ken, allerlei kultuuraktiwiteite te geniet en self daaraan deel te neem. Ken jy die 10 dorpies van Stellenbosch? Was jy al op ‘n township-toer, en het jy al aarbeie in Raithby en Jamestown geproe?
Kom gerus Saterdag 17 September saam op ‘n bustoer gereël deur Stellenbosch-museum, in samewerking met die e’Bosch-erfenisprojek, wat sommige van die 10 dorpies sal besoek wat ‘n kerndeel vorm van die e’Bosch-erfenisprojekte.
In die verlede was dié uitstappie gerig op historiese geboue en verlede jaar op al die godsdienstige instansies wat ‘n rol in die geskiedenis van Stellenbosch gespeel het. Vanjaar wil ons net sommige van die dorpies en hul mense van naderby gaan leer ken.
Die bustoer vertrek vanjaar van die Braak om 09:00 waar Pietman Retief ‘n kort oorsig sal gee van die geskiedenis van Die Braak en die omliggende geboue. Vandaar reis ons na Idasvallei, waar ons die foto-uitstalling van plaaslike persoonlikhede en vanjaar veral, resepte eie aan Idasvallei se families, in die biblioteek sal besigtig.
Die reis neem ons dan verder deur Cloetesville met sy baie láááng Langstraat na Kayamandi waar jy ‘n egte township-ervaring sal hê onder leiding van toergids Thembi Koli wat ons meer vertel oor Khayamandi se ontstaan en sy mense.
Die volgende besoek is aan Raithby, aanvanklik ‘n Metodiste-sendingstasie, waar die Metodiste-brigade ons sal verwelkom. ‘n Boorling van Raithby sal ons deur die dorpie begelei en ‘n blik gee op sy ryk geskiedenis met die kerk wat ouer as 170 jaar is, die skool, Raithby Primêr, en ook die algemene handelswinkeltjie Raithby Store wat ’n integrale deel van die dorpie is. En so ook die 114 jare oue rugbyklub, Raithby Universals, wat steeds rugbyprestasies oplewer.
Die toer sluit af in Jamestown, self ‘n dorp met ‘n kleurryke geskiedenis, waar trotse inwoners daarin slaag om hul dorp se karakter, ten spyte van druk van buite, en hul lang verbintenis met die aarbeibedryf, te handhaaf. Die gemeenskap en sy leiers en onderwysleiers se waardevolle bydraes tot opvoeding en opheffing van die gemeenskap het deur die jare heen bygedra tot dorpie met ‘n baie besonderse erfenis.
Hier gaan ons dan ook ‘n smullekker middagete met potjiekos eie aan Jamestown geniet waarna ons terugkeer na Stellenbosch se middedorp.
Bespreek sommer nou dadelik vir hierdie opwindende bustoer by Esmé Adriaanse by die Stellenbosch-museum by 021 887 2937. Die koste van hierdie hoogs interessante en genotvolle toer, waar jy vriende van bekende gesigte in die dorp gaan maak, beloop R150 en sluit die ete in.
Navrae: Esmé Adriaanse; 021 887 2937

Historical Walk of Stellenbosch 2016
A free historical walk of Stellenbosch with Pietman Retief as guide, will be held on 21 September 2016 from 18:00 to 20:00 and departs from the Theological Faculty in Dorp Street. Book with Esme Adriaanse at Stellenbosch Museum, 021 887 2937.
Enquiries: Esme Adriaanse; 021 887 2937
Enquiries: Esme Adriaanse; 021 887 2937