Stokbroodbraai September 2016
Kom maak jou eie stokbrood - 24 September 2016 vanaf 10:00 - 14:00
Eerskomende Saterdag, 24 September, is dit weer die dorp se jaarlikse erfenisfees – nou ook genoem die e’BOSCH 10 DORPIES-Erfenisfees. Dit word gehou op die grasperke langs die Eersterivier in Die Laan.
Stellenbosch Voortrekkers het weereens ʼn Stokbroodbraai vir alle belangstellendes. Dit is ons jaarlikse aandeel aan die Erfenisfees en is ‘n heerlike geleentheid vir kuier om die vure, saam met vriend en vreemdeling. Selfs oorsese toeriste daag daar op en geniet die oggend onder die eikebome, terwyl daar musiek en koorsang aan die gang is.
Demonstrasies van stokbrood word elke uur vanaf 10:00 tot 13:00 gehou. 20 kinders kan per uur geakkommodeer word by die drie braaibakke. Ons voorsien die kole, deeg en stroop, sowel as die 20 stokke – deelname is gratis. Kinders moet onder toesig van volwassenes wees.
Navrae: Johan Wagenaar; 082 8777 784