e'Bosch Community Leadership Course • 2018 • e'Bosch-gemeenskapleierskursus
Community members who aspire to develop or hone their leadership skills and become more effective in their societies enrolled in May 2018 for the six modules of the third e’Bosch Community Development Leadership Course, run by Maties Community Service Division for Social Impact. The course specifically equips community leaders to take ownership of the development of their own communities and facilitate cultural and heritage related processes. On 29 August the 24 successful candidates received their fully accredited certificates from the Mayor and the Rector of Stellenbosch.
e'Bosch Community Leadership Course • 2017 • e'Bosch-gemeenskapleierskursus
Voor van links na regs: Johann Murray, Michelle Pietersen, Renee Hector-Kannemeyer Antoinette Smith-Tolken, Carol Lakay, Dr Sias Mostert
Tweede ry van links na regs: Jerushia Beneke, Jennifer Saunders, Chriselene Davids, Lavinia Goshai-Brown, Audrey Bennett, Anna Kruger, Magdalene Blankenberg, Berryldene Diamond, Tommy Meyer, Pauline van Wyk
Agter: Leslie van Rooi, Elsabe Farao, Edmund Mlambo

e'Bosch Community Leadership Course • 2016 • e'Bosch-gemeenskapleierskursus
Kursusgangers en aanbieders van die e’Bosch-erfenisprojek se eerste kursus vir gemeenskapsleiers in samewerking met die Frederik Van Zyl Slabbert Stigting en Maties Gemeenskapsdiens is almal eens dat dit die eerste van nog baie behoort te wees.
“Ek het baie hieruit geleer en kon die beginsels bykans dadelik prakties toepas,” is die gemeenskaplike siening van kursusgangers soos Heidi Sauls, Lamees de Klerk en Carol Lakay van Cloetesville, Hilton Davids van Vlottenburg en Chrisben Februarie van Jamestown.
Die passie wat elke suksesvolle kursusganger toon vir die rol wat hulle respektiewelik in hul gemeenskappe vervul, was duidelik op te merk tydens die laaste werksessie van die groep die afgelope Saterdag by Maties Gemeenskapsdiens se opleidingsentrum. Ondanks die uitdagings in hul respektiewelike gemeenskappe wat wissel van kinders met dwelmprobleme, vrouens se bemagtiging en om mense van moedeloosheid te bevry, was dit duidelik dat die kursus hulle nuwe moed gegee het om Stellenbosch ‘n beter plek vir almal te maak.
Vanjaar se kursus is in sewe modules op Saterdagoggende vanaf 2 April tot 23 Julie aangebied. Dit het uit drie dele bestaan naamlik ‘n inleiding, ontleding van projekte wat in die plaaslike gemeenskap plaasvind en oordenking van ervaring daaruit; ‘n tweede gedeelte wat kyk na die beginsels van projekbestuur en die bestuur van ‘n gemeenskapsprojek; en die derde gedeelte wat fokus op etiese leierskap en aktiewe burgerskap in ‘n gemeenskap. Tydens die finale sessie op 23 Julie moes elke kursusganger ‘n werkstuk van toepassing op sy of haar gemeenskap inhandig.
Lees meer hier: http://www.ebosch.co.za/press-releases.html
Navrae: Johann Murray; 083 628 7828; <jmurray@mbbsouth.co.za>